Is dit nodig dat ek behandel moet word vir beenverlies?
Indien u T-telling binne die grense van opsteoporose is( -2.5 of laer) sal meeste geneeshere aanbeveel dat u behandeling ontvang. Indien u T-telling binne die opsteopenie grense is( -1.0 tot – 2.5 ) kan die gebruik van WHO FRAX instrument help om te besluit of u aktief behandel moet word of nie.
Die FRAX instrument is geskep om n geneesheer te help besluit of n pasient aktief behandel moet word. Inligting van 10 risiko faktore asook u beendigtheid uitslag word opgelaai na n aanlyn tuiste. n 10 jaar risiko vir n heup fraktuur of enige major beenfraktuur word dan bereken. U geneesheer kan hierdie inligting tesame met u gesondheids geskiedenis, fisiese ondersoek en laboratorium uitslae gebruik om te besluit indien en watter tipe medikasie gebruik kan word.